|
Fish recipes for the Great South African braai |
|
|
|
Go Back
Fish
Canned snoek made its debut in England during the Second World War and was spectacularly unsuccessful!
Great news more for us!!
Fish braai recipes:
Die Snoek Artikel
Kaapse Snoek Braai
Die Snoek Artikel
Submitted by Emile Joubert. WEG and courtesy of http://www.braai4heritage.co.za
Om 'n snoek te braai is soos om jou vrou te soen, net warmer en meer bevredigend. Want almal het sy manier om dit te doen. Voor ek by Johann se tegniek uitkom, onthou die volgende:
Vermy 'n pap snoek. Dit is soos om katkos in meelvorm te eet
Gevriesde snoek is daar niks fout mee nie - Ontdooi dit net een uur voor jy hom op die vuur gooi
'n Snoek het soms welklein wit wurmpies tussen die vleis. Vat dit soos 'n man
Voor die braaislag moet die snoek oopgevlek wees wat dit een velkant en een vleiskant gee
Hoe groter die snoek, hoe lekkerder
Warm vuur, groot rooster.
LAAT BRAAI MERAAI
As jy op die Johann Krige manier wil braai, moet jy ongeveer 10 minute voor die mense wil eet begin braai. Ja, hier braai ons snoek in ses, sewe minute. Dis 'n vinnige, intense prosedure wat inspanning en konsentrasie verg. En slaap rustig: die snoek is gaar. Regdeur.
Begin deur jou liggesoute snoek op die toeklap-rooster te sit. Plaas die rooster na die kole met die velkant na die warm kole. Raps die vis vir so 30 sekondes op die hitte, en draai om.
Tussen die braaiery deur, het jy 'n belangrike bestanddeel nodig synde die bedruipsous. Nou, hierdie kan 'n komplekse konkoksie wees met meer bestanddele as 'n Indiese musiekprent. Johann hou dit eenvoudig. Om die snoek se geur te laat deurkom. 'En as die ander mense meer brand of soet wil h
|